Book now for the Eshowe weekend as there is only place for 30 persons. The trip is planned for the first weekend in November. Last year the cost was R950 and included accommodation, food and transport from Eshowe to places like Ongoye forest, Goedertroudam, Richardsbay and Dlinza. Contact Pat Brenchley for details.
Nuusflits: Woudvoëls van Zoeloeland
Diegene wat op 20 Februarie die skyfievertoning van Hugh Chittenden by die Transvaalmuseum bygewoon het, sal seker verheug wees om te verneem dat besprekings vir die voëlkyk-naweek wat gedurende die eerste naweek in November te Eshowe aangebied word, reeds gedoen kan word. Bespreek dadelik indien jy belangstel, want getalle word tot 30 beperk. Verlede jaar was die koste R950 per persoon vir die naweek, wat akkommodasie, etes en vervoer vanaf Eshowe na die verskillende voëlkykplekke, soos die Ongoyebos, Goedertroudam, Richardsbaai en Dlinza ingesluit het. Volle besonderhede is verkrygbaar van:
Pat Brenchley
Tel: (035)474 2629 of 082 654 3549
Faks: (035)474 5337
e-pos: [email protected]
Slakkepos: PO Box 40 Eshowe 3815