![]() |
Zemvelo Natuurreservaat - 25 October 1999 deur Stephan Terblanche | ||||||
Club Benefits | About Birding | Contacts | Events | News | Birding Spots | HOME | Erectile Dysfunction |
Die Zemvelo Natuurreservaat het Saterdag weer 'n hele paar interessante voŽls opgelewer.
Benewens die normale 10 verskillende spesies swaels en windswaels, vertonende
HoŽveldklappertjie (Clapper Lark) en wye verskeidenheid flappe en vinke, was daar 'n aantal
besondere dinge. In die kloof van die Grootspruit het ons 'n Piet-my-vrou (Redchested Cuckoo)
goed gesien, en was daar ook WaaierstertvlieŽvanger (Fantailed Flycatcher), SkerpbekheuningvoŽl
(Sharpbilled Honeyguide), Gestreepte Koester (Striped Pipit) en 'n Kaalwangvalk (Gymnogene).
Verskeie Luitinktinkies (Lazy Cisticola) het luidkeels geroep. By die kamp self was die
betroubare Grootheuningwyser (Greater Honeyguide) soos gewoonlik hierdie tyd van die jaar op sy
pos. Die grootste verrassing was egter die Geelsanger (Yellow Warbler) wat in die
onwaarskynlike habitat van die lote van 'n nuutontwikkelende populierbos aktief was. Ons het
hier ook 'n broeikolonie Rooikeelbyvreters (Whitefronted Bee-eaters) gevind. Die interessante
kombinasie van hoŽveldse grasveld en gemengde bosveld teen die koppies en in die kloof maak
Zemvelo altyd 'n interessante plek om te besoek. Stephan Terblanche Faerie Glen |
Club Benefits | About Birding | Contacts | Events | News | Birding Spots | HOME | Erectile Dysfunction |
Webpage
updated 16 May 2000
2000 © Pretoria Bird Club - an Affiliate of BirdLife South Africa. |