Hallo almal
1999 sal vir die Bosveld Bokmakieries (voorheen die Bokmakierie
Bergbespieders) uitstaan as 'n jaar waarop moeilik verbeter sal kan word.
Die weer was so naby as moontlik aan ideaal - koelerig, bewolkerig, geen
reŽn, en net laat middag noemenswaardige wind. Dit was die eerste jaar dat
ons ons ding in en om Pretoria gedoen het, want ons het nie veel tyd gehad
vir voorbereiding nie. Soos voorheen was dit ons eerste mikpunt om oor 200
spesies te haal. Die span het hierdie jaar bestaan uit Tertius Gous, Bernard
Bron en myself.
Ons roete het ons deur plekke soos Bapsfontein, Baviaanskloof, Cullinan,
Little Eden, Pienaarsrivier, Rayton, Roodeplaat en Zonderwater geneem. Ons
het uitstekend gevaar met watervoŽls, patryse en fisante, en saadvreters,
maar swak met roof- en nagvoŽls. Dit was egter basies volgens verwagting.
Ons het darem 'n Owambosperwer (Ovambo Sparrowhawk) en Blouvleivalk
(Montagu's Harrier) gesien, as bonus, en ons laaste voŽl van die dag was 'n
Gevlekte ooruil (Spotted Eagle Owl). Van die "lifers" wat opgetel is het
ingesluit Horus Windswael, Kalaharipatrys (Orange River Francolin),
Koekoekvink (Cuckoo Finch), en Spotlewerik (Melodious Lark). Die grootste
uitmisse was Visarend (Fish Eagle), Marico suikerbekkie (M Sunbird) en
Swartwangsysie (Blackcheeked Waxbill). Eintlik het die heersende droogte in
die bosveld noord van Pretoria die normale voŽlverskeidenheid daar ernstig
geknou.
Ons het in ons wildste drome nie die getal spesies verwag wat ons gekry het
nie. Die eindtotaal van 259 wys dat groot getalle voŽls nie net in
KwaZulu-Natal en die Laeveld te kry is nie. Al het ons nie die
habitatverskeidenheid wat in daardie dele van die land voorkom nie, staan
ons in verskeidenheid voŽls per habitat geen duim terug vir ander dele van
die land nie. Die groot nuus is egter dat ons span Saterdag nie die meeste
voŽls in Pretoria se omgewing gesien het nie! Wag maar totdat diť span oor
hulle prestasies berig.
Ons sal vir die jaar 2000 'n ekstra groot Bumper Birding Big Day (Week-end)
kry om te doen, nŤ?
Heerlike voŽlgroete
Stephan Terblanche (namens die Bosveld Bokmakieries)
Faerie Glen, Pretoria
Team Reports Available:
|