Vaalkopdam lÍ in die Noordwes Provinsie, tussen Brits en Pilanesberg. Die watervlak van die Vaalkopdam, wat in die Elandsrivier geleŽ is, was tot 1996 baie laag en het bekendheid verwerf vanweŽ die groot getalle watervoŽls, wat skaars swerwers ingesluit het. Habitatte soos vlaktes langs die dam (tans onder water), redelike oop savanne en landerye lok 'n verskeidenheid grasveldspesies. Boomveldhabitat word deur akasia gedomineer, met breŽblaarboomveld na die weste in 'n gebied wat nou by die Noordwes Parke VoŽlreservaat ingesluit is. Weerskante van die damwal is daar twee koppies, waarvan die grootste aan Vaalkop sy naam besorg. Die dam het die afgelope tyd baie gewild onder vissermanne geword en dit, tesame met die hoŽ watervlakke maak dit die plek bietjie meer "oorbevolk" as voorheen. Dit bly egter 'n toeganklike voŽlkykarea van hoŽ gehalte en ervare voŽlkykers kan verwag om in die somer in die omgewing van 150 spesies per dag aan te teken.
VoŽls
Groot watervoŽls wat gewoonlik teenwoordig is sluit Reuse -, Grootwit- en Rooireier, Nimmersat en Lepelaar in. Waterdikkop, Swartreier (somer), Groenrugreier, Kuifkopdobbertjie en Kaapse Slopeend kan ook gesien word. WaadvoŽls (somer) sluit in Krombekstrandloper, Ringnekstrandkiewiet en soms Steenloper.
In die bosveld rondom die dam word Rooiborslaksman, Gebande Sanger, Koningblou- en Swartwangsysie, Kalahariwipstert en Kaapse KapokvoŽl gevind. Somerbesoekers sluit in SpotvoŽl, Blouwangbyvreter, Bosveld- en Dwergvisvanger. Na goeie reŽns is Bosveldlewerik baie opmerklik. RoofvoŽls mag goed verteenwoordig wees en sluit in Vis-, Witkruis-, Bruin- en Grootjagarend. Visvalk word ook gereeld gesien.
Vaalkop Permitte is van Nick en Amy Bezuidenhout beskikbaar. Tel 01211-771627
Cell 083 765 1704
|