![]() |
Redes om by die Pretoria Voëlklub aan te sluit | ||||||
Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS | Erectile Dysfunction |
Sluit by 'n groep natuurliefhebbers aan! Hoekom by die Pretoria VoŽlklub aansluit? Sluit by 'n groep natuurliefhebbers en voŽlkykers aan! Die Pretoria VoŽlklub is een van die aktiefste voŽlklubs in Suider-Afrika, met meer as 700 lede. Nie alle voŽlkykers of ander mense wat daarin belangstel om met hierdie wonderlike stokperdjie te begin, is egter lede nie. Ons voer dus graag 'n paar goeie redes aan om diegene te oortuig om by die klub aan te sluit! o U ontvang ons plaaslike nuusbrief, volgepak met nuus en inligting oor voŽls en voŽlkyk. As lid van BirdLife Suid-Afrika sal u ook die tydskrif Africa Birds and Birding teen 'n spesiale tarief ontvang. Hierdie tydskrif het twee jaar na mekaar die prys gewen as die beste tydskrif in Suid-Afrika in die afdeling vir spesiale belangstellings. o U kan aan die gereelde uitstappies in die buitelug deelneem - en die wonderlike voŽlkykplekke daarby leer ken. Klubuitstappies stel jou in staat om 'n hele reeks opwindende nuwe plekke te ontdek, waarvan jy sommige weer op jou eie kan besoek. o U kan die bewaring van voŽls ondersteun. Deur by die klub aan te sluit, dra u op twee maniere by tot die bewaring van voŽls. Eerstens dra u ledegeld by wat vir vele verdienstelike navorsings- en bewaringsprojekte gaan, en tweedens verhoog u stem die kredietwaardigheid van BirdLife Suid-Afrika, as 'n organisasie wat beroepe kan doen aan die regering en besigheidsmense met die oog op die bewaring van ons voŽls. |
Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS | Erectile Dysfunction |
Webpage updated 16 May 2000 © Pretoria Bird Club - an Affiliate of BirdLife South Africa. |