Logo for Pretoria Bird Club Wat maak voëlkyk gewild?
Klub Voordele Oor Voëlkyk Komiteelede Klubprogram Nuus Voëlkykplekke TUIS Erectile Dysfunction

VoŽlkyk neem, naas 'n hele klomp ander buitelugaktiwiteite, in gewildheid toe. Oor die algemeen is dit 'n rustige en ontspannende stokperdjie wat mens se natuurlike nuuskierigheid en begeerte om te leer, asook die drang om uitdagings daar te stel, bevredig. Terwyl mense vir baie verskillende redes voŽls dophou, is sommige van die trekpleisters daarvan die volgende:

  • VoŽlkyk neem jou na wonderlike plekke! As mens eers ernstig begin voŽls kyk kan dit vele reise begin insluit en is dit 'n uitstekende verskoning om nuwe dele van die wÍreld te sien. Baie van die beste voŽlkykplekke is ook plekke met mooi natuurskoon wat opwindend is om te besoek.


  • VoŽlkyk is 'n uitdaging. Die grootste uitdaging is om die voŽls wat mens sien te identifiseer, en om sekere voŽls wat jy graag wil sien te vind en te identifiseer. VoŽlkyk groei van 'n belangstelling tot 'n vaardigheid. Die vaardigheid om voŽls te vind en te identifiseer behels kennis oor die habitat, gewoontes, veredrag en vorm van die voŽl. Hoe meer mens van voŽls weet, hoe makliker is dit om grootte en vorm van 'n afstand af te beoordeel, of om 'n snelbewegende voŽl vinnig raak te sien en die sleutelkenmerke waar te neem wat dit moontlik maak om seker te wees watter soort sperwer (byvoorbeeld) dit is.


  • VoŽlkyk is 'n sosiale bedrywigheid. Anders as wat sommige mense mag dink, is die meeste voŽlkykers baie sosiaal en gesels hulle baie ure met ander voŽlkykers oor hulle stokperdjie.

Hoekom na voŽls kyk?

  1. VoŽls is die mooiste en mees toeganklike diere op aarde. VoŽls is letterlik oral, en as mens 'n natuurliefhebber is, kan jy nie anders as om voŽls te waardeer nie. Daar is omtrent nÍrens waar daar nie voŽls is nie!


  2. Daar is 'n ongelooflike verskeidenheid voŽls. WÍreldwyd is daar 9730 verskillende spesies. VoŽls tree op baie verskillende maniere op, en mense kan hulle met baie van hierdie gedragspatrone vereenselwig. Baie voŽls is sosiaal en kan hulle merkwaardig by omstandighede aanpas. Selfs van die meer algemene spesies (soos byvoorbeeld die Pylvlekkatlagter) het gewoontes wat voŽlwetenskaplikes (ornitoloŽ) nou maar eers begin verstaan.


  3. VoŽlkyk neem 'n mens na baie van die interessantste en opwindendste plekke op aarde. As jy iemand wil ontmoet wat die land werklik gesien het, en wat van elke versteekte skat weet - soek maar net 'n obsessiewe voŽlkyker. Benewens die woude en berge, bosveld en vleie, word sommige van die mees gesogte voŽls gevind oor die oop oseaan, in verafgeleŽ riviervalleie, naby beroemde watervalle of selfs by die Groot Gat van Kimberley!


Wat is voŽlkyk presies?

Dit kan net dit wees - om na voŽls te kyk. Meer algemeen gaan voŽlkyk eintlik daaroor om die voŽls rondom ons dop te hou en te identifiseer. Wanneer mens 'n voŽl waargeneem het, en gesien het hoe dit optree is die volgende vraag: wat is dit? Dit is waar voŽlkyk (soos wat meeste mense dit geniet) begin. Die volgende stap is om 'n verkyker in die hande te kry sodat mens die voŽls waarna jy kyk beter kan sien, asook 'n veldgids of handboek om met identifikasie te help. VoŽlkyk het oor die laaste paar jaar geweldig in gewildheid toegeneem en 'n kykie na die rakke van jou plaaslike boekwinkel gee 'n idee van hoeveel belangstelling voŽls deesdae in Suider-Afrika wek.

Die hou van lyste ("ticking")

As mens eers die plesier en die uitdaging om voŽls te identifiseer begin smaak het, is die volgende stap om op een of ander manier rekord te hou van die voŽls wat jy sien. Dit is waar die hou van 'n lys begin, en vir meeste voŽlkykers is die belangrikste lys 'n lewenslys - 'n lys van al die voŽls wat jy in jou lewe sien. Veel meer is egter moontlik en die lyste kan mens help om tred te hou met jou waarnemings, of om 'n wye aantal ervarings te organiseer en so seker te maak dat dit nie verlore gaan nie. Om lyste te hou kry besondere betekenis en waarde wanneer dit deel is van 'n georganiseerde "wetenskaplike" poging om inligting te versamel. Duisende voŽlkykers, wat betrokke was by die Suider-Afrikaanse VoŽlatlasprojek, het miljoene stukkies data ingesamel en 'n omvattende beeld van die verspreiding en bewegings van meeste van ons voŽlspesies help opbou.

"Twitching"

Veral in Engels het 'n hele nuwe woordeskat in die voŽlkykwÍreld ontstaan. Wanneer 'n mens eers 'n lewenslys het en 'n obsessie ontwikkel om dit uit te bou, dan word jy 'n "twitcher" genoem. 'n "Twitcher" is iemand wat aktief nuwe voŽls soek om op sy lewenslys te plaas en die woord is veronderstel om die onbeheerbare spasmas te beskryf wat die "twitcher" ervaar tydens die opwinding wat met die aanskoue van 'n nuwe voŽl gepaardgaan. Baie voŽlkykers is in 'n mate "twitchers", maar elke voŽlkyker besluit uiteindelik self hoe belangrik dit is om 'n nuwe voŽl af te merk. Sommige voŽlkykers is geharde "twitchers" en stel in niks anders belang as om nuwe spesies af te merk nie, terwyl sommige van die land se beste voŽlkundiges hulleself glad nie as "twitchers" beskou nie. "Twitching" het tot 'n heel nuwe woordeskat gelei om te beskryf wat gebeur as jy gaan net om voŽls af te merk. Om 'n voŽl te "grip" beteken jy het die voŽl - jy kan dit op jou lewenslys afmerk. Omgekeerd, indien mens vir spesifieke voŽls gaan soek, maar dit nie kry nie, word gesÍ hulle "you dipped out on that species". In Afrikaans het ons seker maar "uitgemis" op 'n sekere spesie!

Meeste voŽlkykers geniet dit steeds om na voŽls wat hulle reeds gesien het te kyk. VoŽlkyk wat nie net daarop gemik is om nuwe spesies af te merk nie is gewoonlik rustiger, tensy dit ystervoŽlkyk ("power-birding") word.

VoŽlkyk, op watter vlak ookal, het aanleiding gegee tot die gebruik van 'n hele reeks tegnieke om voŽls te vind. Een van hierdie tegnieke is die gebruik van bandopnames van voŽlroepe. VoŽlkykers moet in gedagte hou dat voŽls wilde diere is en dat versteuring tot die minimum beperk behoort word. Dit is dus 'n goeie idee om vertroud te wees met 'n gedragskode vir voŽlkykers.

Klub Voordele Oor Voëlkyk Komiteelede Klubprogram Nuus Voëlkykplekke TUIS Erectile Dysfunction


Webpage updated 16 May 2000 © Pretoria Bird Club - an Affiliate of BirdLife South Africa.
e-mail: [email protected]