Die Bosveld Bokmakieries (Tertius Gouws, Bernard Bronn en ekself) het
Saterdagoggend om 01:00 weggespring op soek na nagvoŽls. Kort na 02:00 was
daar 6 voŽls op die lys, en teen 04:00 nog dieselfde. Ons eerste voŽl was
nogal spesiaal - ons het op die laaste oomblik besluit om ondersoek in te
stel na die Gevlekte Vleikuiken (Buffspotted Flufftail) wat 'n paar weke
terug nog in die omgewing was, en hy is toe gelukkig aan die roep toe ons
tot stilstand kom. 'n Gevlekte Ooruil en Nonnetjie-uil was die enigste uile
vir die oggend.
Toe die oosterkim om 04:00 begin verkleur het die voŽls op die hoŽveld oos
van Pretoria begin roep, en teen 05:00 staan ons op 27. Die feit dat die son
eers 05:08 opkom maak dit duidelik hoe belangrik dit is om al die voŽls wat
roep se geluide te ken. Wanneer ons ons beginpunt verlaat, net voor 06:00,
staan ons lys op 74. Meeste van die grasveldvoŽls is teen hierdie tyd
aangeteken, insluitende lekker dinge soos Witpenskorhaan, Kalaharipatrys
(Orange River Francolin), Swarteend, Bergwagter (Mountain Chat),
Huiltinktinkie (Wailing Cisticola) en Nicholsonse Koester (Longbilled
Pipit).
Hiervandaan skuif ons na 'n paar panne op 'n plaas in die omgewing en kry
meeste van die watervoŽls waarop ons die dag kan hoop. 'n Groot bonus is 'n
ligte fase Dwergarend (Booted Eagle) in fantastiese vars vere wat die
Bontkiewiete 'n moeilike tyd gee. Ons opbrengs sluit 'n paar ander
verrassings ook in: Koekoekvink, Kortstertflap (Redshouldered Widow) en
Swartnekdobbertjie (Blacknecked Grebe). Om die waarheid te sÍ was aldrie
dobbertjies hier aanwesig in aansienlike getalle. WaadvoŽls het onder andere
Ringnekstrandkiewiet ingesluit. Ons tref 100 om 06:38 en wanneer ons die
plaas verlaat het ons 114 aangeteken. Op hierdie stadium is ons nog 'n paar
voŽls voor op laasjaar se skedule.
Ons werk ons weg deur die res van die hoŽveld, op pad deur Zonderwater,
Cullinan, Little Eden (vir kransverwante voŽls), en met wisselende sukses is
ons kort na 12:00 op 175. Dit sluit onder andere Swartborsslangarend,
Draaihals (Wryneck), Rooiborslaksman, Owambo Sperwer, Witpenswindswael
(Alpine Swift), en veral 'n verrassende Rooivlerkstreepkoppie (Cape
Bunting), in.
Ons kry 'n paar verwagte dinge by Baviaanspoort en Roodeplaatdam (ook 'n min
verwagte egpaar DassievoŽl - Mocking Chat), en is kort na 13:30 by die
Seringveld area, waar ons verskeie ander spanne vind wat ook die
breŽblaarboomveld se voŽls kom ontgin. Dit maak nie saak of mens op die
hoŽveld of in die bosveld begin nie, maar teen die middel van die dag land
jy hier. Ons mis hier ook 'n paar skaarser goed, maar met die
Vaalbruinlewerik (Fawncoloured Lark), Laeveldklappertjie en Rooitinktinkie
(Tinkling Cist.) agter die blad, druk die horlosie ons verder. VoŽl nr 200,
'n paar Bruinarende wat hoog in die wolke sirkel, kom om 13:58.
Hiervandaan ry ons die lang ent pad na Pienaarsrivier toe, stop enkele
plekke langs die pad en tel op 'n gereelde basis nuwe bosveldvoŽls op. Wie
wat in hierdie geweste voŽls kyk het eers na 15:00 'n Bosveldtinktinkie
(Rattling Cisticola) aangeteken? Die weer was tot op hierdie stadium
heeltemal gunstig, al was dit baie winderiger as normaalweg in hierdie
omgewing, en ons was sommer vroeg al jammer vir diegene wat die middag eers
die grasvelde sou betree. Teen 16:00 het groot druppels egter uit die lug
begin val en hiervandaan het dit toenemend donkerder geword. Teoreties sak
die son eers om 18:38, maar dit was teen 17:00 al so donker dat
voŽlaktiwiteit amper tot niks gedaal het nie. Die reŽn in Pretoria en
omgewing het kort na sononder toegesak, en geen verdere voŽlkykery was
moontlik nie.
In hierdie proses is daar heelwat algemene voŽls wat ons nie kon aanteken
nie: Jamesonse Vuurvinkie, Rooikopvink, Pylstertrooibekkie (Shafttailed W),
Namakwaduifie, Blouwang- en Kleinbyvreter, Gewone Swartmees (Black Tit),
KwÍkwÍvoŽl (Bleating Warbler), Withelmlaksman en RooibekrenostervoŽl
(Redbilled Oxpecker) is enkele voorbeelde. Ons kon ook geen naguile en uile
in die aand byvoeg nie.
Ons is egter nie ontevrede nie, want op 257 het ons slegs 2 minder spesies
as laasjaar se 259 aangeteken, terwyl dit klink asof meeste spanne gesukkel
het om laasjaar se getalle te bereik. Die potensiaal van die Pretoria-area
bly van die beste in die land.
Baie geluk aan al die ander spanne wat goed gevaar het. Ek hoop om binnekort
nog verslae te lees. Baie dankie ook aan my spanmaats vir hulle harde werk,
nie net op die dag nie, maar dwarsdeur die jaar om opgeskerp te bly met
voŽlgeluide en dinge. Soveel van die voŽls was net enkele oomblikke sigbaar,
of het net een keer geroep, en 'n mis van daardie enkele geleentheid sou 'n
mis vir die dag wees. Ons het baie min sulke gevalle gehad.
Stephan Terblanche
Faerie Glen
Pretoria
Team Reports Available:
|