Vir die wat belangstel is hier 'n verslag van ons span se BBD poging.
Saterdag oggend 3:00 vertrek ons Pretoria Ringers span van Centurion af om
te sien of ons nie die eerste keer met BBD daardie ontwykende 200 tal kan
bereik nie. Ongeveer 4:00 arriveer ons span wat bestaan uit Rihann Geyser,
Frik Munnik, Colin de Kock en ekself by Roets se plaas in die
Pienaarsrivier omgewing. Terwyl ons angstig wag vir daardie vroeŽ oggend
koor om te begin, maak ons kennis met die eerste vyand van die dag - in die
vorm van swerms muskiete! Gelukkig daag Estelle se damesspan ook daar op en
bring verligting met allerhande medikasies wat hulle aanbied.
Om 4:20 roep die eerste voŽl en begin ons voŽltelling met alle erns. Ons
vorder baie goed en teen 7:15 bereik ons die 100 tal wat voŽls insluit soos
Swartreier, Reuse reier, Gewone nagreier, Visarend, Swarteend, Wildemakou,
Gryslaksman, Witkatlagter, Lelspreeu, Buffelwewer, KoringvoŽl en
Goudgeelvink. Ons mis egter die RenostervoŽls, SekretarisvoŽl en
Grootmossies wat wel daar is. Volgende op ons beplanning is die Uitvlugt
roete waar ons onder meer Rooikopwewer, Kleinrooivalk en Swartborsslangarend
kry, terwyl die Reusevisvanger ook op sy normale pos by die brug langs
Coetzee se plaas sit. Teen 9:00 is ons byna klaar met die Uitvlugt roete en
heel trots op ons 120 voŽls, totdat ons 'n ander span teŽkom wat sÍ dat
hulle reeds by 170 trek! Ons besluit toe maar dat aangesien hulle span uit
ten minste 6 mense bestaan, ons nie kan kompeteer omdat ons nie soveel
"spotters" soos hulle het nie!
Teen 9:30 het ons die bosveld roete voltooi en trek ons by 130 spesies, maar
is bekommend oor die groot aantal voŽls wat nie hulle opwagting gemaak het
nie. Dit sluit 'n paar "definitiewe" aantekeninge in soos Geel- en
RooibekneushoringvoŽls, Swartkroontjagra en Rooikophoutkapper terwyl GEEN
Speg of Streepkoppie en 'n hele paar van die saadvretertjies nog hulle
verskyning gemaak het nie. Ons neem toe maar die moeilike besluit om van ons
skedule af te wyk, en Rust der Winterdam binne te gaan. Daar kry ons 10
ekstra spesies wat die Kuifkopdobbertjie insluit, maar is ongelukkig 'n uur
agter skedule.
Om 11:00 vertrek ons op grasveldroete na Cullinan/ Rayton omgewing met 'n
totaal van 140 spesies. Op pad klim ons by 'n mooi kloof uit, waar ons KwÍ-
kwÍvoŽl, Gebande sanger, Stierlingse sanger, Kaneelborssanger, GrasvoŽl en
RotsvoŽl hoor roep..............maar besef toe dat ons die bandspeler in die
motor aan vergeet het! (net 'n grap) en bereik Zonderwater teen 13:00 met 'n
totaal van 160 spesies. Teen hierdie tyd besef ons egter dat die sterk wind
'n redelike invloed het, en die voŽls nie so aktief en vokaal soos
normaalweg is nie. Om hierdie rede raak die lys van voŽls wat ons ontglip
ook al hoe langer!
By Zonderwater vorder ons weer goed tot by 180 spesies wat onder meer
Grootriethaan, Woudapie, Vlei- en Grasuil en GrasvoŽl insluit. Die
Rooiborsvleikuiken verseg egter om van hom te laat hoor. Met net 'n bietjie
meer as 2 ure se lig oor, vertrek ons na Rooiwal en Pretoria maar besef dat
ons hard sal moet werk om daardie ander 20 spesies op te spoor. Op pad na
Rooiwal kry ons ander teŽspoed met 'n groot versperring in die pad, wat die
verkeer redelik ontwrig. Toe ons Rooiwal uiteindelik bereik, vind ons darem
enkele water- en waadvoŽls wat ons nog kort, sowel as Gryskopmeeue en die
inwonende Bontkwikkie. Die lys van voŽls wat ons ontwyk, raak ook nou
frustrerend lank en sluit steeds die NeushoringvoŽls Swartkroontjagra en al
die Spegte in, terwyl die Bloureier, Geelbekwou en Bokmakierie ook onder
andere deel daarvan uitmaak.
Om 18:00 verlaat ons Rooiwal met 'n totaal van 193 en probeer om Pretoria
voor donker (en 'n dreigende donderstorm) te haal, in 'n desperate poging om
nog daardie laaste paar stadvoŽls aan te teken. Ons kom egter sterk skemer
in Pretoria aan, en kry net 3 spesies voordat die donker en die reŽn toesak!
Effens teleurgesteld en moeg, besluit ons span toe maar om by 196 spesies te
volstaan. Daardie spanne wat 200+ spesies behaal het, sal hopelik buitendien
nie die opkikkertoets slaag nie, of andersins kan ons dalk vir 'n hertelling
vra!!
Groete
Leon Kay
Centurion
Team Reports Available:
|