![]() |
Voëlkykplekke - Faerie Glen Natuurreservaat | ||||||
Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS | Erectile Dysfunction |
Spesiale vvoëlls: Swarteend, Europese naguil, Europese byvreter, Draaihals, Skerpbekheuningvvoëll, Swaels en windswaels, Europese rietsanger, Grasvvoëll, Rooiborslaksman, Kaapse wewer.
(1) Ligging Die FGN is geleö in die ooste van Pretoria, net suid van Lynnwoodweg, sowat 11 km vanaf Kerkplein. Om dit te bereik, draai suidwaarts uit Lynnwoodweg (1,6 km oos van die N1 snelweg) in Generaal Louis Botharylaan en ry sowat 1 km, waar padtekens die reservaat aandui. Parkering is beskikbaar aan die oostekant van die pad langs die reservaat. Toegang is gratis, en nie beheer nie. Die beste vvoëllkyktyd is in die somer, veral in die oggend of laatmiddag. Tot 75 spesies kan op 'n somersoggend verwag word, en 40 is basies gewaarborg, self op 'n wintersmiddag. Sowat 150 spesies is al aangeteken, insluitende baie skaars vvoëlls soos Kwartelkoning en Sprinkaansanger.(2) Fisiese aspekte Die FGN word deur twee geografiese verskynsels oorheers. Die noordelike grens word gevorm deur die laaste heuwels van die Bronberge, met Renosterkop (1489m) in die noordooste die hoogste, en Faerie Glenkoppie (1442m) die mees toeganklike. Die suidhelling van laasgenoemde is steil en vorm byna 'n reeks kranse. Aan die voet van die Bronberge vloei die standhoudende Morelettaspruit, en 'n groot deel van die reservaat lê in hierdie spruit se vloedvlakte. Die reservaat lê hoofsaaklik tussen 1350m en 1380m bo seespieöl. 'n Beboste, vlak kloof strek suidwaarts vanaf die oostekant van Faerie Glenkoppie. Die res van FGN verbind hierdie kenmerke aan mekaar.(3) Habitat Die Bronberge is hoofsaaklik met tipiese bankeveld bedek, d w s hoofsaaklik gemengde bosveld. Net suid van Faerie Glenkoppie staan 'n lyn taamlik ruie bos wat hoofsaaklik deur Witstinkhout (Celtis africana) gevorm word, en tot in die vlak kloof inloop. Die vloedvlakte is hoofsaaklik grasveld. Acacia doringveld bedek dele van die reservaat, veral ten suide van die spruit, terwyl die res gemengde bosveld is. Langs die spruit kom lang gras voor, met enkele rietplate in die spruit.(4) Vvoëlls In die somer huisves die grasveld groot getalle Swartkeelgeelvinke, Rooivinke, Witvlerkflappe en Rooikeelflappe. Grasvvoëll (algemeen) en Vleitinktinkie kom ook hier voor. Dit is ook die beste area vir swaels en windswaels en 'n tipiese somerlaatmiddag behoort Grootstreep-, Kleinstreep- en Witkeelswael op te lewer, en miskien ook Europese swael, asook Palm-, Witkruis- en Kleinwindswael, veral wanneer hierdie vvoëlls al laer vlieg soos die insekte met die afkoeling van die aarde laer bo die grond voorkom. Kransswaels kan, veral in die winter, ook verwag word. Bruinsylangstertjies is algemeen, en in die laatsomer is Europese rietsangers gewaarborg (luister vir hulle lae "tsjjj" alarmroep in grasveld aan die rand van die bosveld). Ander saadvreters is nie algemeen nie, maar klein groepies Gewone frette en Rooibeksysies behoort telkens gevind te word. Die grasveld word feitlik elke winter afgebrand, en dan kan Kroon-, Bont- en Lelkiewiete en Dikkoppe hier verwag word. In die somer, veral laatsomer, is Diederikkies in aansienlike getalle teenwoordig.Die spruit huisves nie veel vvoëlls nie, maar Swarteende kan gereeld gekry word waar hulle met die spruit langs vlieg. 'n Verskeidenheid visvangers is al langs die spruit gevind, maar hulle voorkoms is die uitsondering. Kaapse rietsangers is standvvoëlls in die rietplate, en Kaapse werwers broei op enkele plekke. In die Acaciabosveld is Bosveldtjeriktik, Bosveldstompstert, Bosveldtinktinkie, Swartbandlangstertjie en Neddikkie in aansienlike getalle aanwesig, en Rooiborslaksman sedert taamlik onlangs 'n standvvoëll. In die somer word hierdie spesies aangevul deur Hofsanger en Europese Vlieövanger. Onder saadvreters is Geeloog- en Bergkanarie hier, veral vroeg soggens, die algemeenste. Gewone tarentale hou ook veral in die grasveld in die doringbosveld. In die winter neem Geelblestinkers hulle intrek in bome met vvoëllent. Die gemengde bosveld huisves verskeie vvoëlls, waarvan die volgende met enige besoek verwag kan word: Draaihals, Witpens- en Swartsuikerbekkie en Streepkopkanarie. 'n Wye verskeidenheid ander bosveldvvoëlls kom ook heel dikwels voor, al is hulle nie noodwendig altyd aanwesig nie: Bonthoutkapper, Kardinaal- en Goudstertspeg, Skerpbekheuningvvoëll, Swartkatakoeroe, Pylvlekkatlagter, Witkeeljanfrederik (in digter gebiede), Gestreepte wipstert, Rooivlerk- en Swartkroontjagra (lg veral teen die heuwelhange), Oranjeborsboslaksman, Witbors- en Kleinglansspreeu. Bokmakieries is feitlik altyd in klein getalle teenwoordig, en kan enige plek gevind word. In die somer roep Piet-my-vroue en Swartkoekoeke dikwels uit digter bome, en teen laatsomer, indien daar ruspeplae voorkom, kan Gestreepte nuwejaarsvvoëlls ook verwag word.Die digte bos is veral die plek om Suidelike waterfiskaal en Bandkeelkleinjantjie te soek, en in die somer word Paradysvlieövangers gereeld hier gesien. Die heuwels lewer van tyd tot tyd 'n rariteit, soos 'n kliplyster of Gestreepte koester, op, maar verder is daar nie baie aan die gang nie. Aan die kant van die kloof is daar 'n paar drvoël bome wat dikwels in die somer deur Europese byvreters gebruik word as 'n sitplek om vandaan te jag. Roofvvoëlls is skaars by FGN. Blouvalkies kan deur die jaar van tyd tot tyd gesien word, en teen laatsomer kan Geelbekwoue en Bruinjakkalsvvoëlls nou en dan verwag word. Nou en dan kan 'n sperwer, of selfs 'n jong Kaalwangvalk, gesien word. In die nag kom Gevlekte ooruile voor, en in die somer word Europese naguile hier gevind. Omdat hierdie vvoëlls nie roep nie, is dit egter moeilik om hulle te identifiseer. |
Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS | Erectile Dysfunction |
Webpage updated 16 May 2000 © Pretoria Bird Club - an Affiliate of BirdLife South Africa. |